Nastergal-en-appel- krummeltertjies met kaneel
Deeg
■ 125gbotterofmargarien ■ 150mlsuiker
■ 2mlvanieljegeursel
■ 1ekstragrooteier
■ 500mlkoekmeel ■ 7mlbakpoeier
Vulsel
■ 1blik(440g)tertappelstukke
■ 50mlsuiker
■ 125mlwater ■ 5mlkaneel
■ 125 ml nastergalkonfyt
■ Knippie sout
■ 15 ml vlapoeier
■ Bietjie koue water
Deeg: Verroom die botter, suiker en vaniel- jegeursel goed saam. Klits die eier by. Sif die koekmeel en bakpoeier oor en meng tot ’n deeg. Vries ’n derde van die deeg om later oor die tertjies te rasper. Bedek die ander deel (twee derdes) met kleefplastiek en ver- koel tot benodig.
Vulsel: Sny die appelstukke in kleiner blok- kies en sit dit in ’n kastrol met die suiker en water. Verhit tot kookpunt en prut tot ’n ligte stroop vorm. Voeg die kaneel, naster- galkonfyt en sout by. Maak die vlapoeier met ’n bietjie water aan en voeg dit ook by. Verhit tot kookpunt en prut vir ongeveer 3 minute. Laat die vulsel afkoel tot kamer- temperatuur.
Voorverhit die oond tot 180 °C en bespuit die holtes van ’n standaardgrootte muffin- pan goed met kleefwerende kossproei. Rol die groter stuk deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit, druk sirkels uit en voer die muffinholtes daarmee uit. Sny die kante netjies. Verdeel die vulsel tussen die uitge- voerde muffinholtes. Rasper die kleiner stuk gevriesde deeg oor die tertjies se vul- sel. Bak vir 20-25 minute tot liggoudbruin en deurgaar. Laat vir minstens 10 minute in die pan afkoel voor die tertjies uitgehaal word. Sif versiersuiker oor en sit voor. Lewer 10-12 tertjies.
Resep & stilering: Arina du Plessis
Fotografie: Lee Scwagele